إرسال رابط إلى التطبيق

Afrikaans Hoër Seunskool


4.0 ( 4320 ratings )
التعليم
المطور: Michelle Louise van Zyl
حر

Die Afrikaanse Hoër Seunskool is `n Christelike Afrikaanse Seunskool wat daarna streef om sy unieke tradisie van uitnemende, opvoedende onderwys te handhaaf en uit te bou tot voordeel van ons land en sy inwoners.

Reeds sedert 1920 is die geskiedenis van die skool nou verweef met `n belangrike groeitydperk van die Afrikaner en sy taal. Besiel met dieselfde pioniersgees as hul voorgangers, het `n stroom jong Afrikaners uit hierdie skool gevloei om leiersposisies in alle vlakke van die Suid-Afrikaanse gemeenskap en die Afrikaner volkslewe vol te staan.

Vandag word daar met trots teruggekyk op `n roemryke verlede wat elke dag as fondament vir die bouwerk van môre dien.